Vrydag 04 November 2016

Die laaste melk



Ek is een van die normaalste, gebalanseerste mense wat ek ken.  My ma dink so en klaar.   Ek is ook nie aan enige iets verslaaf nie.  Ek sê so, dan is dit so.
Maar as ek eerste ding in die oggend die yskas oopmaak en daar nie melk vir my koffie nie…. Dan raak ek die kluts so bietjie kwyt.  Veral omdat ek weet ek het gisteraand die laaste bietjie melk gelos spesiaal vir die dood noodsaaklike eerste koppie koffie vir die dag.  En seunskind is nie eers lief vir koffie nie. 
Ek sweer dis die duiwel wat hom lus maak vir koffie twaalfuur in die nag as ek al slaap.  Want die duiwel weet seker ook ek is baie gebalanseerd en aan niks verslaaf nie. 
En as ek die dag die kluts kwytraak, doen ek dit nogal luidkeels.  Soos enige ander normale mens.  En as iemand my vra hoe dit gaan maak ek seker hulle weet ek moes die dag sonder koffie aanpak.  En ek verander my whatsup profile picture na ‘n rooigesiggie.  Met kwaai ogies.  Want ek is nie skaam nie.  Ek is kwaad.  Soos enige normale mens.
Dis nog redelik ok as iemand die laaste kaas of die laaste margarien gebruik het, maar die laaste melk?  En dit die laaste ding in die nag?


1 opmerking:

  1. ☺☺☺ Hoop dis skaterlag gesiggies wat wys! Weet broer darem jy is vies vir hom?

    AntwoordVee uit