Sondag 06 November 2016

Moord 6 uur in die oggend



Vanoggend 'n yslike groot viool in die bad ontdek. So groot dat ek dit sonder my bril kon raaksien. Seunskind reken 6 uur is te vroeg om sy bed te verlaat en dit om moord te kom pleeg. Toe is dit maar ek en 'n blikkie doom (for flying insects) om spinnekop ten minste net dronk en stadig te kry voor ek dit met die plakkie doodslaan. Hoekom voel ek altyd so sleg? Maar vang en uitdra sien ek nie voor kans nie. Sorry. Rerig. Vreeslik sorry.

1 opmerking: