Dinsdag 01 November 2016

106



 Walking, Old, People, Coat, Age, Park, Walk, Background
Moenie dink mense word outomaties wyser hoe ouer hul word nie.  Dit het ek agtergekom toe my ma oud genoeg geword het om tussen ander ou mense te gaan bly.
Dit gaan partykeer erger daar as in ‘n kleuterskool.  Mamma sukkel bietjie daarmee.  Die rooikop verdra nie ‘n geskinder nie.  Dit was nie ‘n honderd jaar nie, toe word sy aan nuwelinge voorgestel as die “kwaai”  een.  Heimlik geniet sy die titel vreeslik.  Dit hou sommer die lawwe tannies uit haar pad byvoorbaat.
Nie dat sy die kwaaiste een is nie hoor.  Vertel sy my gister van die oudste inwoner wat nou 106 geslaan het.  Net so terloops.  Net soos kleutertjies is elkeen se ouderdom van groot belang.  Dis amper die eerste ding wat hulle mekaar vra as daar nuwe inwoners intrek.  Hoe ouer hoe belangriker hoor.
Terug na tannie 106.  Sy het nie die dag vreeslik geniet nie.  Was sommer bietjie dwars met al die inwoners se gelukwensings.  Ek sê “Sjame.  Sy is seker al moeg vir verjaar” Mamma:” Ja.  Sy sê juis al haar tydgenote dink seker sy is hel toe.  Want sy daag net nie op in die hemel nie.” 
Dis maar swaar om oud te word hoor.

1 opmerking: