Ek kyk in hierdie week ‘n fliek waarin Robert de Nero se
karakter homself moet voorstel aan ‘n nuwe vriendin. Hy doen dit vinnig en sjarmant in ‘n paar
sinne. Ek het die skrywer nogal
bewonder. Ek vind dit altyd ‘n moeilike
vraag. Dis een wat gewoonlik in
werksonderhoude voorkom en as jy iemand nuut ontmoet en hulle vra jou om iets
van jouself te vertel.
Wie is ek in ander se oë?
Die statistiek van ouderdom, werk en kwalifikasies is eintlik
niksseggend.
Is dit vir iemand anders belangrik dat ek erg is oor my
kinders? Het ek nodig om hardop te sê
dat ek ‘n christen is? Is almal nie maar
lief vir die natuur en lees graag nie?
Nie dat ek die moed het om te vra watter eerste indruk ek
skep nie. Ek het al opinies gehoor wat
my laat skrik het.
Ek wens ek kon sommer sê ek is beneuk. Ek voel vasgevang iewers tussen eerlik en
diplomaties. Ek weet glad nie hoe om my
eie beuel te blaas nie al dink ek nie ek is die boringste persoon nie.
Hoe harder ek dink hoe meer slaan ek ‘n blank. Eintlik lag ek te hard en praat ek te
veel. Maar my vriende like my anyway.
So help asb. Wat sê jy
vir ander mense as jy jouself in minder as ‘n minuut moet bekend stel/verkoop?
Lojaal
AntwoordVee uitEerlik
Opreg
Hardwerkend
Logies
Strategies
En belangrikste van alles... n delight (want Mamma is snaaks)
awww. baie dankie.
Vee uitEen van die beste persone wat ek ken, oneindig lief vir jou. Al sien ons mekaar skaars en ons tel die foon op is dit asof ons mekaar net nou die dag gesien het. So bly jy's in my lewe
AntwoordVee uitdankie Mel. Jy maak my dag.
Vee uit