Woensdag 09 November 2016

Ek en myself




Ek kyk in hierdie week ‘n fliek waarin Robert de Nero se karakter homself moet voorstel aan ‘n nuwe vriendin.  Hy doen dit vinnig en sjarmant in ‘n paar sinne.  Ek het die skrywer nogal bewonder.  Ek vind dit altyd ‘n moeilike vraag.  Dis een wat gewoonlik in werksonderhoude voorkom en as jy iemand nuut ontmoet en hulle vra jou om iets van jouself te vertel.
Wie is ek in ander se oë? 
Die statistiek van ouderdom, werk en kwalifikasies is eintlik niksseggend.
Is dit vir iemand anders belangrik dat ek erg is oor my kinders?  Het ek nodig om hardop te sê dat ek ‘n christen is?  Is almal nie maar lief vir die natuur en lees graag nie?
Nie dat ek die moed het om te vra watter eerste indruk ek skep nie.  Ek het al opinies gehoor wat my laat skrik het.
Ek wens ek kon sommer sê ek is beneuk.  Ek voel vasgevang iewers tussen eerlik en diplomaties.  Ek weet glad nie hoe om my eie beuel te blaas nie al dink ek nie ek is die boringste persoon nie.
Hoe harder ek dink hoe meer slaan ek ‘n blank.  Eintlik lag ek te hard en praat ek te veel.  Maar my vriende like my anyway.
So help asb.  Wat sê jy vir ander mense as jy jouself in minder as ‘n minuut moet bekend stel/verkoop?

4 opmerkings:

  1. Lojaal
    Eerlik
    Opreg
    Hardwerkend
    Logies
    Strategies
    En belangrikste van alles... n delight (want Mamma is snaaks)

    AntwoordVee uit
  2. Een van die beste persone wat ek ken, oneindig lief vir jou. Al sien ons mekaar skaars en ons tel die foon op is dit asof ons mekaar net nou die dag gesien het. So bly jy's in my lewe

    AntwoordVee uit