Dinsdag 08 November 2016

Matrone

Ek dink om ‘n matrone te wees moet geneties wees.
 Soos reeds genoem is my geliefde ma in ‘n ouetehuis.  Nou sy was vlugtig, lank lank gelede, ‘n kombuis matrone in ‘n ander ouetehuis toe sy nog te jonk was om ‘n inwoner te wees.  Dit was nie vir haar ‘n lekker werk nie.  Wel, sy het nooit regtig enige van haar werke geniet nie, maar dis dalk omdat sy ‘n depressive lyer is.  En die werk in die ouetehuis kombuis was dalk ook nie lekker nie, want die oorhoofse matrone was nie my ma se soort mens nie.  Min mense is eintlik my ma se soort mens, maar dis dalk omdat sy ‘n perfeksionis en ‘n introvert is. 
Al het my ma haar rukkie as matrone nie geniet nie, het sy nogsteeds ‘n matrone mentaliteit.
Een van die dames by haar ouetehuis waar sy nou bly, trek nie die uniform aan nie.  Die dame is aan die jonger kant en daag dan by die werk op in denims of op twee geleenthede in ‘n kant mini rokkie.
Dit het my streng, konserwatiewe ma bietjie gepla.  Toe kom sy agter dit pla die ander streng, konserwatiewe tannies ook.  Toe vra sy die ander werknemers hoekom die betrokkie dametjie nie by dieselfde reëls hou nie.  Net om die hoor sy is verlangs familie van die hoof matrone en niemand het die moed om iets te sê nie.
En net daar skop my moeder se matrone gene in en sy skraap die dametjie nader en steek ‘n preek af.
Uiteinde is dat dametjie nou in uniform is dankie en die ander werknemers my ma in die gange druk as hulle haar teëkom.  Ek rol net my oë in die stilligheid en hoop die dametjie, wat nogal in die kombuis werk, spoeg nie in my ma se kos nie.

My jongste, wat reeds hoofmeisie in matriek was, is net so ‘n klein matrone.  Net jammer dat sy my meestal as die oumensie aansien wat gerun moet word.
Maar ek sal liewer saggies praat.  Want as ek my eie stem terug hoor op ‘n telefoon (daai weird echo wat partykeer gebeur)  dan klink ek self maar soos ‘n kruising tussen ‘n mother superior en ‘n matrone. 
And I kid you not….. terwyl ek hierdie blog skryf bel die plaaslike ouetehuis se matrone my en wens my geluk dat ek op die kortlys is vir ‘n pos by die ouetehuis!!!!
My volgende blog sal regtig oor telepatie of toeval moet wees. 

5 opmerkings:

  1. Jy behoort baie goed te doen tussen die ou mense! Jou unieke sin vir humor sal hulle goed doen. En ons laat lag met jou stories.

    AntwoordVee uit
  2. Jy behoort baie goed te doen tussen die ou mense! Jou unieke sin vir humor sal hulle goed doen. En ons laat lag met jou stories.

    AntwoordVee uit
  3. Hahahaha, jy sal hulle behoorlik op hulle tone hou. Ou mense is awesome en ons kan baie by hulle leer, net jammer hulle word afgeskryf en eenkant toe gestoot asof hulle niks meer het om by te dra tot society nie.

    AntwoordVee uit