So breek die hartseer dag aan wat ons ons geliefde prinses
moet laat gaan. Die ou lady is oud en
seer en kannie meer ordentlik eet nie.
Ons huil vooraf en neem afskeid.
Ons tjank onbeskaam gedurende en treur vir weke daarna. Elke keer as ons seunskindkat na haar loop en
soek, loop die trane weer.
Ek begin ook lank voor die tyd waarsku. ‘Moet asb nie dat iemand jou met ‘n ander kat
troos nie. Jy is ‘n student. Ek gaan nie nog ‘n dier van jou grootmaak en
versorg nie.'
‘Nee’ stem sy
saam. Ek is vreeslik verlig en heimlik
trots op haar volwasse houding.
Ag dit was nie ‘n maand nie!!! Kom die fototjie van die cuteste babakat op
whatsup.
Ek sê dadelik en beslis ‘neeee.’ Lewer geen kommentaar op die dierbare ou
dingetjie nie.
Dit help niks. Sy bly
aan smeek en boelie sjarmant.
Ek sleep naderhand vir seunskind in. Hy begin dadelik sy eie kat voortrek in die
rusie. Heeltemal verkeerde
aanslag. Nou stry my kosbare nageslag
oor wie se kat die alpha in die huishouding is en my besliste ‘nee’ verdwyn
tussen emoi prentjies van katte met hartjies vir ogies.
Ek sê nee op all die maniere wat die foon my toelaat. Getik, met prentjies en met voice notes.
“As jy nee stadig sê klink dit soos ja” probeer my jongste my koudsit.
Nou sit ek hier en blog… doodbenoud sy bring die bleddie ding
huis toe. Want sy ken my so goed as wat
ek myself ken. As ek eers my hande op
die bondeltjie het en my neus in daai snoesige pels gesteek het is dit verby
met Kees. Dan soek ek kliphard saam na
name en neem ‘ n honderd fotos van die
simpel kat.
Dis immers presies soos ek 14 jaar gelede ‘n sekere vlooi
bedekte bleddie prinses in my hart toegelaat het, want hoe sê jy nou nee vir ‘n
graad eentjie op haar verjaarsdag nogal?
Maar nou is sy feitlik 21 en ek sal liewer nie hierdie
publiseer voor ek nie die geveg gewen het nie.
Sy het op hierdie aarde GEEN amunisie nodig nie.
Ek moet saamstem, daar is darem maar niks ouliker as 'n baba katjie nie, hoe se 'n mens nou nee vir daai gesiggie
AntwoordVee uit