Ek ry nou die dag met my kind se kar om hom by die lughawe af
te laai.
Oppad terug gaan die brandstof tank
se liggie aan. Maar sy fênsie kar
vertel jou tot op die kilometer hoe ver jy nog kan ry met die brandstof in die
tank. Tot die syfertjie skielik in drie stippel
lyntjies verander.
Toe panic ek bietjie.
Want dis donker en dis Suid Afrika en niemand wil sonder petrol gaan
staan nie. Dis blykbaar die toppunt van
onnosel.
Toe ry ek by die eerste petrolstasie wat ek sien in. Net om te besef dat ek op een of ander manier
sonder my beursie gery het. So behalwe
dat ek bid daars nie ‘n speedcop op my pad huis toe nie, (my liksens is in my
beursie) is ek ook aangewese op die
coins in die kar. Gelukkig is dit teen
my kind se geloofsoortuiging om ooit sy coins te gebruik. Dis moeite.
Hy doen net moeite as dit saakmaak.
Coins maak nie saak nie.
So moet die petroljoggie geduldig wag terwyl ek coins
tel. Tot ek uiteindelik op ‘n totaal
afkom en die transaksie kan begin. Maar
nou is my kind op die vliegtuig en ek weet nie watter soort brandstof sy fênsie
kar drink nie. Toe raai ek en die
petroljoggie maar. Ek bid ons is
reg. Hy hoop ek maak die tank se
dekseltjie dingetjie oop sonder om gevra te word. Sy hoop beskaam. Toe vra hy maar. Ek vra opreg onverskoning en maak vining die
boot oop. Toe moet hy maar weer
vra. Nou regtig al heel verward maak ek
weer die boot oop. Toe moet hy maar weer vra. Toe klim ek maar uit die kar, hurk en kyk
presies watter een van die twee levertjies by my voete maak die tank oop.
Uiteindelik sukses.
Met ‘n volle vyftig rand se petrol vat ek weer die pad. Ek wens net ek het oogkontak met die
petroljoggie kon vermy toe ek ‘n hoop munte in sy hand omgekeer het. Blykbaar is dit die toppunt van onnosel.
So iets kan bitter maklik met my ook gebeur!
AntwoordVee uit