Oktober is
voorwaar die mooiste mooiste maand vir my.
Ek is mal
oor die pers bome wat so kortstondig in hierdie maand blom. Oordadig sonder enige groen gooi die
jakarandas koelte en ‘n pers tapyt onder op die grond.
Waar die heuningbye dikwels wegkruip op soek na nektar en
kaalvoet kindertjies onverwags met pyn kan kennis maak.
So dan wil ons so bittergraag ons bloedjies die pyn spaar. Maar probeer nou ‘n lewendige kleuter van die
geurige vrolike tapyt af hou. Dan sit sy
verseker ‘n keel op wat die bure verby die rugbykommentaar kan hoor.
So los jy maar en hoop en bid dit eindig nie in ‘n tranedal
nie, of tel jy jou kosbare terroris op en dra haar fisies weg?
Maar onthou jy ook maar hierdie les. Want eendag, veel gouer as wat jy ooit sou
kon dink, sit jou lewendige kind oorkant jou om ‘n tafel en dring aan op haar
eie keuses en besluite. Want sy sien net
die mooi en die lekker en jou keer en waarsku maak haar net moerig.
Dan moet jy ook maar net hoop en bid dit eindig goed. Want jy het klaar grootgemaak en optel en
wegdra is nie meer moontlik nie.
Eish. Ek wil juis oor dieselfde onderwerp vanoggend skryf.
AntwoordVee uitEish. Ek wil juis oor dieselfde onderwerp vanoggend skryf.
AntwoordVee uit