Ons het almal op skool rye en rye spreekwoorde en hul
betekenis uit ons kop moes leer.
Partykeer as jy uitvind wat die oorsprong van ‘n spreekwoord is lag jy lekker.
Die eerste keer wat my suster my gevra het ‘wat het dit met
die prys van eiers te doen?’ was ek heeltemal verward. ‘wat hét dit met die prys van eiers te
doen? Hoekom gaan jy nou aan oor
eiers?’ Ek het die sarkasme heeltemal
gemis en haar net nog kwater gemaak. Ek
het eers later die uitdrukking op skool geleer en toe lekker gelag vir hoe slim
ek haar daai tyd gepootjie het. Sonder
om te weet.
Met die internet en tegnologie het nuwe uitdrukkings ontstaan
wat ons nooit op skool vir ons kinders gaan leer nie.
“Lekker man, lekker” laat almal lekker grinnik wat al die
video’tjie te sien gekry het.
“Listen Linda, listen!!!”
in ‘n irriterende kinderstemmetjie ontlont dadelik ‘n potensiele
gestryery in ons huis.
“Ek juice fokkol!” is
my seun se stout antwoord op vreemdelinge wat agterdogtig oor sy spiere
is. Dan lag hy en sy pêlle lekker in hul
mou. Maar as jy nooit die komediant se
skets gesien het nie is dit nou nie rerig so snaaks nie.
Maar dis die privaat spreekwoorde in elke familie wat my
fasineer. My oorlede broer het ‘n
woordeboek vol sêgoed gehad. Party erg
stout uit sy army dae. Hy het graag Afrikaans direk in engels vertaal
en dan mense lekker laat lag vir sy stories.
Partykeer raak dit bietjie erg. Mense dink seker al ons is weird. Nou probeer ons ons nonsens beperk tot
wanneer dit net ons is.
‘n Privaat bende wat
in korthand met mekaar spot.
ñ Regte lekkerkry, tong in die kies stuk, Marieta. Jy moet julle bende spreekwoorde neerskryf, en af en toe met ons deel. Sodat ons kan saamlag.
AntwoordVee uitEk sal nog. Maak net eers die kinders mak vir Ma se blog.
AntwoordVee uitEk sal nog. Maak net eers die kinders mak vir Ma se blog.
AntwoordVee uitJy moet tog vir Engela uit vra oor "...gee my 10..."
AntwoordVee uitEk sal beslis Emsie.
AntwoordVee uit