Woensdag 19 Oktober 2016

Dieet





Ek het bietjie gewik en weeg of ek hieroor moes blog.  Daar is heelwat baie goed ingeligte interessante blogs oor die onderwerp.  Mense wat al heelwat sukses met gewigsverlies gehad het en kleurvolle blogs vol fotos en resepte het.
Maar op die einde van die dag is hierdie my blog en die onderwerp lê op my hart.
Soos meeste van ons volwasse vrouens is ek ook in ‘n lewenslange stryd teen die vet gewikkel.  Ek weet teen die tyd ook al alles van wat gesond is en wat nie help nie.  Hoewel ek partykeer ook net my kop kan skud oor hoe teenstrydig die experts kan wees. 
Die een ding waaroor almal egter saamstem is GEEN suiker.  En dis my slaggat.
My ingeboude (Afrikaner gene) of aangeleerde (Afrikaner kultuur) kos lewe het nooit ooit suiker uitgesluit nie.  Ek kan vir ure aangaan oor die lekkerste resepte.  Als met room en SUIKER.  Ek het ‘n suikertand nog voor ek tande gehad het.  Self my vleis kry ‘n bietjie suiker by.
As ek moeg is soek ek suiker.  En appels eet help nie.
As ek kuier soek ek iets soets.  En ek het nog nooit ‘n gesonde plaasvervanger raak gelees nie.
Water is nou eenmaal nie wyn nie en hoe anders kuier jy en ‘n vriendin as met ‘n glasie ….  of twee.
Ek streef nou maar na die 80/20 geloof en hou my in tot die naweek aanbreek.
So kom ek sukkel, sukkel en bitter stadig ‘n bietjie ligter.  Dan lees jy weer van iemand se opspraakwekkende sukses.  Baie kilogramme in ‘n kort tydtjiie en ek wens kliphard ek kon ook.  Tot ek lees wat dit gekos het om daar te kom.  En ek weet mos.  Suikerloos sien my nie.
Dan sus ek maar die gewete met baie water drink en kliphard crossfit. 

1 opmerking:

  1. Mmmm.Ek hou van daai fototjie van jou op die strand. En suiker los, sjoe Marieta, ek kom ook nie reg nie.

    AntwoordVee uit