Donderdag 27 Oktober 2016

Familie spreekwoorde



Ons het almal op skool rye en rye spreekwoorde en hul betekenis uit ons kop moes leer.
Partykeer as jy uitvind wat die oorsprong van ‘n spreekwoord  is lag jy lekker.
Die eerste keer wat my suster my gevra het ‘wat het dit met die prys van eiers te doen?’ was ek heeltemal verward.  ‘wat hét dit met die prys van eiers te doen?  Hoekom gaan jy nou aan oor eiers?’  Ek het die sarkasme heeltemal gemis en haar net nog kwater gemaak.  Ek het eers later die uitdrukking op skool geleer en toe lekker gelag vir hoe slim ek haar daai tyd gepootjie het.  Sonder om te weet.
Met die internet en tegnologie het nuwe uitdrukkings ontstaan wat ons nooit op skool vir ons kinders gaan leer nie.
“Lekker man, lekker” laat almal lekker grinnik wat al die video’tjie te sien gekry het.
“Listen Linda, listen!!!”  in ‘n irriterende kinderstemmetjie ontlont dadelik ‘n potensiele gestryery in ons huis.
“Ek juice fokkol!”  is my seun se stout antwoord op vreemdelinge wat agterdogtig oor sy spiere is.  Dan lag hy en sy pêlle lekker in hul mou.  Maar as jy nooit die komediant se skets gesien het nie is dit nou nie rerig so snaaks nie.
Maar dis die privaat spreekwoorde in elke familie wat my fasineer.  My oorlede broer het ‘n woordeboek vol sêgoed gehad.  Party erg stout uit sy army dae.   Hy het graag Afrikaans direk in engels vertaal en dan mense lekker laat lag vir sy stories. 
Partykeer raak dit bietjie erg.  Mense dink seker al ons is weird.  Nou probeer ons ons nonsens beperk tot wanneer dit net ons is. 

 ‘n Privaat bende wat in korthand met mekaar spot.

5 opmerkings:

  1. ñ Regte lekkerkry, tong in die kies stuk, Marieta. Jy moet julle bende spreekwoorde neerskryf, en af en toe met ons deel. Sodat ons kan saamlag.

    AntwoordVee uit
  2. Ek sal nog. Maak net eers die kinders mak vir Ma se blog.

    AntwoordVee uit
  3. Ek sal nog. Maak net eers die kinders mak vir Ma se blog.

    AntwoordVee uit
  4. Jy moet tog vir Engela uit vra oor "...gee my 10..."

    AntwoordVee uit