Dinsdag 18 Oktober 2016

Beterweterig



In my skooldae was beterweterige kinders nie baie gewild by die onderwysers nie.  So ek het vinnig geleer om my snipperige opinies vir myself te hou.
Maar hierdie week het ek begin wonder of dit net ek was wat sulke kwaai juffrouens gehad het.
Want ek loop my heeltyd vas in mense wat seker as kinders beterweterig was.  As grootmense is hulle alwetend.  En luidrugtig, bombasties alwetend.  En ek weet vir ‘n feit die liewe mens is verkeerd, maar is ook nie lus vir ‘n woord oorlog nie.
Wens ek kon maak of ek menopausal is.  Blykbaar is sulke dames wild beneuk en bakleierig.  Dan kon ek vir Alwetend oor die kop slaan met my kennis en doodluiters dit aan hormone en goeters toedig. 
Nou is ek verbind tot goeie maniere en kan net innerlik stoom.  En blog.

People who think they know everything irritates those of us who really knows everything J

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking