Saterdag 08 Oktober 2016

Wenke vir skool toere




1. Kry al jou kafein in voor 10 soggens. Van daar af bedien die Kapenaars wyn. 

2. 'n Flikker beteken ek verander nou van baan. Jy moes al plek gemaak het. 


3. Maak seker jy is nooit die laaste kar in die konvooi agter die bus aan nie. 


4. Maak doodseker die busbestuurder gebruik NIE die buslaan NIE. Want jy sal nie ook mag nie.
(Kapenaars het ook speedcops) 


5. Sit die dag uit vir opgaan met die kabelkar. Die trip self is dalk 10 sekondes, maar dit vat ure
om daar te kom. 


6. En probeer oorsese besoekers vermy. Hulle is hoogs ongeskik en arrogant. 


7. Hoe dorser jy is, hoe duurder sal 'n blikkie koeldrank wees.


8. Vermy restaurante op see front by die Strand. Dis glo formeel! 


9. Hoe meer trappies jy moet afklim na 'n strand toe, hoe groter is die kans dat daar kaal tannies op
gaan wees. Moenie die kinders soontoe vat nie! 


10. Kies jou kamer maats met groot omsigtigheid. Jy kan blykbaar nie halfpad deur die toer trek nie. 


11. Maak seker jy het baie telefoontyd. Jy sal elke halfuur iemand moet bel. ( Hoe laat eet ons more?
Ek het die bus verloor! Waar is julle nou? Jy gaan die bus verloor! Draai om! Bring asb mamma se
sjampoe terug! Is my handsak in julle kar? Ens) 

12. Moet nooit agter die rugby seuntjies op die vliegtuig beland nie. Al die knoppies fasineer hulle. 

2 opmerkings:

  1. Ek sien die prentjies wat jy skep! Jy weet defnitief waarvan jy praat, Marieta.

    AntwoordVee uit
  2. Lekker lag ek nou ! Beste raad !

    AntwoordVee uit