Maandag 10 Oktober 2016

Maskers




Image result for masks drawings

Mense wat maskers dra … ons assosieer dit altyd met vals wees.  Tweegesig. Of sommer pront, ‘n tweegatjakkals.
Mense met integriteit is immers eerlik, reguit, opreg.
Ek dink maskers word bietjie onderskat. 
‘n Klient waardeer eintlik ‘n profesionele masker.  Ek word nie betaal om ewe eerlik vir ‘n klient te sê wat my opregte opinie van sy gedrag is nie.
Ek sit soggens ‘n kalm, vriendelike, behulpsame en diplomatiese masker op as ek uitgaan werk toe.
Kollegas sal op hul rug val as die werklike, emosionele, sarkastiese en luidrugtige maskerlose ek die dag moet opdaag.
En miskien geniet ek dit so bietjie om vir ‘n paar uur ‘n dag kalm en ordentlik te fake.  Dis ‘n bietjie soos mooi aantrek en grimeer.
Vir kerk geniet ek natuurlik om ekstra mooi aan te trek en met ekstra sorg te grimeer.  So bietjie parfuum en mooi skoentjies……

2 opmerkings: