Vrydag 14 Oktober 2016

Hoe gaan dit?


Image result for elderly couple dancing

Soveel as wat ek engels lees en praat is daar sekere dinge wat regtig net in Afrikaans kwytgeraak kan word.
Ek help ‘n vriendin uit in haar winkel en groet standaard elke besoeker.  Meestal die ouer garde.  Of dan die goue garde.

Dis wanneer hulle begin antwoord op jou “Hoe gaan dit vandag?”  dat ons taal interresant raak.
“Ag jong, dit help nie om te kla nie.” Dan moedig ek dadelik aan dat sy bietjie kla.  Dis goed om bietjie af te laai.

Of ‘n lang sug en dan “Goed dankie”  Dit kommunikeer so mooi dat sy suffer, maar positief bly.

Of die beskrywende:  “Ja wat, is mos maar so.” Vir daai een glimlag ek liewer net polite.  

Maar vanoggend se antwoord het my dag gemaak.
Die krom figuurtjie wat versigtig kom inskuifel se antwoord:  “Ons skoffel aan dankie.”  Dit was nou so mooi vir my, want vir die wat dalk nie weet nie, skoffel is ‘n woord vir dans.  Spesifiek langarm of dan sokkie-sokkie.

Probeer dit nou vertaal!

Image result for elderly couple dancing

1 opmerking: